Groot Vlaktes

Die Groot Vlaktes strek oor groot dele van die sentrale Verenigde State en kleiner dele van Kanada en Meksiko. Die rooi lyn dui die meridiaan 100° wes van Greenwich aan

Die Groot Vlaktes (Engels: Great Plains) is 'n uitgestrekte gebied van prêrie , grasveld, en steppe, wat oos van die Rotsgebergte in die Verenigde State en Kanada lê en 'n oppervlak van sowat 1,3 miljoen vierkante kilometer beslaan. Die Vlaktes strek oor 'n wydte van sowat 500 kilometer.

Die gebied bestaan uit dele van die VSA-deelstate Colorado, Kansas, Montana, Nebraska, Nieu-Meksiko, Noord-Dakota, Oklahoma, Suid-Dakota, Texas en Wyoming en die Kanadese provinsies Alberta, Manitoba en Saskatchewan. In Kanada is die term prairie meer gebruiklik, en die gebied staan dus bekend as die Kanadese Prairie.

Terwyl die Rotsgebergte 'n presiese westelike grens vorm, is daar verskillende definisies vir die Vlaktes se oosgrens. Die regering van president Franklin D. Roosevelt het die 100ste lengtegraad as hulle oosgrens vasgelê. Ander deskundiges het alle randgebiede, wat teen 'n hoogte van 600 meter bo seevlak lê, met 'n lyn verbind en dit as oostelike grens gedefinieer. Daar is ook 'n weerkundige lyn, wat plekke met maksimaal 500 millimeter se jaarlikse reënval met mekaar verbind.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search