Groote Schuur-hospitaal

Groote Schuur-hospitaal
hospitaal, teaching hospital
Datum van stigting of ontstaan1938Wysig
AffiliationUniversiteit van KaapstadWysig
Vernoem naGroote SchuurWysig
LandSuid-AfrikaWysig
Geleë in administratiewe eenheidKaapstadWysig
Geografiese ligging33°56′29″S 18°27′46″EWysig
Ouer organisasieWestern Cape Department of HealthWysig
Telefoon nommer+27-21-404-9111Wysig
Amptelike webwerfhttp://capegateway.gov.za/gshWysig
Map
Die ou hoofgebou van die Groote Schuur-hospitaal, 2007.
Voorkant van die hospitaal, 2012.
Aanwysing van die plek waar die eerste hartoorplanting gedoen is.

Die Groote Schuur-hospitaal (afkorting: "GSH", die hospitaal staan in die omgangstaal ook as "Grooties" bekend) is 'n groot staatsbeheerde akademiese hospitaal wat teen die hange van Duiwelspiek in Kaapstad (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika) geleë is. Die hospitaal is op 31 Januarie 1938 amptelik geopen en het veral danksy die baanbrekende werk van prof. Chris Barnard en sy span, wat hier in 1967 die eerste menslike hartoorplantingsoperasie uitgevoer het, wêreldberoemd geword.

Groote Schuur is die akademiese hospitaal van die Mediese Skool van die Universiteit van Kaapstad wat tersiêre pasiëntesorg en akademiese opleiding in alle belangrike gesondheidsdissiplines aanbied. Die hospitaal is in 1984 aansienlik uitgebrei en van twee nuwe vleuels voorsien. Die ou hoofgebou huisves tans verskeie akademiese kliniese departemente asook 'n museum wat die eerste hartoporplantingsoperasie behandel wat op die pasiënt Louis Washkansky uitgevoer is.

Die hospitaal beskik oor 867 beddens. In November 2007 was meer as 500 dokters, 1 300 verpleegsters en 250 mediese spesialiste aan die Groote Schuur-hospitaal verbonde.[1]

  1. "Groote Schuur-hospitaal: Algemene oorsig". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2008. Besoek op 30 Junie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search