Grot van die Patriarge

Grot van die Patriarge
Ibrahimi-moskee
Die gebou wat oor die grot gebou is, soos dit vandag lyk.
Die gebou wat oor die grot gebou is, soos dit vandag lyk.
Plaaslike naam  מערת המכפלה (Hebreeus)
الحرم الإبراهيمي (Arabies)
Soort Graftombe, moskee, sinagoge
Streek Wesoewer
Geskiedenis
Kulture Ajjoebidies, Hebreeus, Bisantyns, Kruisvaarders

Die Grot van die Patriarge, ook genoem die Makpelagrot (Hebreeus: מערת המכפלה), of in Islam die Ibrahimi-moskee (Arabies: الحرم الإبراهيمي), is ’n paar ondergrondse kamers in die hart van die ou stad Hebron (Al-Khalil) in die Wesoewer.[1] Volgens tradisie wat verbind word met die Tora, Bybel en Koran, is die grot en aangrensende grond deur Abraham gekoop as begraafplaas.

Die grot is geleë onder ’n moskee uit die tyd van Saladin, wat omskep is van ’n groot, vierkantige Judese gebou uit die tyd van Herodes die Grote.[2]

Die Hebreeuse naam weerspieël die baie ou tradisie van die dubbele grafte van Abraham en Sara, Isak en Rebekka en Jakob en Lea, wat beskou word as die patriarge en matriarge van die Joodse volk en wat vermoedelik daar begrawe is. Die enigste ander Joodse matriarg is Ragel, wat vermoedelik in Ragel se Graftombe naby Betlehem begrawe is.[3]

Die Arabiese naam van die kompleks weerspieël die belangrikheid van Abraham, wat deur Moslems vereer word as ’n Islamitiese profeet. Volgens die Bybel (Handelinge 7:16) is die grot geleë in Sigem (Latyn: Neapolis; Arabies: Nablus).[4]

  1. Genesis 23:17-19, 50:13
  2. Nancy Miller (Junie 1985). "Patriarchal Burial Site Explored for First Time in 700 Years" (in Engels). Biblical Archaeology Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2016. Besoek op 2 November 2013.
  3. "Cave of Machpelah" (in Engels). Jewish Virtual Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2016. Besoek op 26 September 2016.
  4. Singer, Tovia (Rabbi) (31 Maart 2014). Let's Get Biblical!: Why doesn't Judaism Accept the Christian Messiah? Volume 1 (4th uitg.). RNBN Publishers. pp. 234–235. ISBN 978-0-9960913-0-5. Besoek op 5 Februarie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search