Guadiana

Guadiana
Die Guadiana in Mérida, Spanje.
Die Guadiana in Mérida, Spanje.
Die Guadiana in Mérida, Spanje.

Die stroomgebied van die Guadiana.

Oorsprong Ojos del Guadiana, Villarrubia de los Ojos, Kastilië-La Mancha, Spanje
Monding Vila Real de Santo António, Algarve, Portugal
Golf van Cadiz (Atlantiese Oseaan)
Stroomgebied Spanje en Portugal
Lengte 818 km (508 myl)
Oorspronghoogte 608 m (1 995 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 78,8 m³/s (2 780 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 67 733 km² (26 152 myl²)
Kaart van die Guadiana-bekken op die Iberiese Skiereiland.
Kaart van die Guadiana-bekken op die Iberiese Skiereiland.

Die Guadiana (Portugees: [ɡwɐðiˈɐnɐ]; Spaans: [ɡwaˈðjana]) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 818 km, is die vierde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag, Ebro en Douro. Die Guadiana vorm die oostelike grens van die Portugese streek Algarve.

Die Guadiana naby Medellín, Spanje

Die Guadiana ontspring naby Ojos del Guadiana in die Villarrubia de los Ojos in die outonome gewes Kastilië-La Mancha van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n westelike rigting tot by die grens met Portugal en vanaf hier in 'n suidelike rigting. Op twee gedeeltes vorm die rivier die grens tussen Spanje en Portugal, voordat hy by Vila Real de Santo António in die Golf van Cadiz (Atlantiese Oseaan) uitmond. Die Guadiana vloei onder ander deur die Spaanse outonome geweste Kastilië-La Mancha, Extremadura en Andalusië.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search