H II-gebied

NGC 604, ’n groot H II-gebied in die Triangulum-sterrestelsel.

’n H II-gebied is ’n groot laedigtheidswolk van gedeeltelik geïoniseerde gas waarin nuwe sterre onlangs gevorm is. Die blou sterre met ’n kort lewensduur in hierdie gebiede straal groot hoeveelhede ultravioletlig uit en so word die omringende gas geïoniseer. H II-gebiede is dikwels verskeie honderde ligjare breed. Die eerste bekende H II-gebied was die Orion-newel, wat in 1610 deur Nicolas-Claude Fabri de Peiresc ontdek is.

Die streke is genoem na die groot hoeveelheid geïoniseerde atomiese waterstof (Engels: hydrogen) wat hulle bevat (’n H I-gebied bevat neutrale atomiese waterstof).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search