Hagar in Islam

Hājar (Arabies: هاجر), die Arabiese naam van die Bybelse Hagar, was die vrou van die patriarg en Islamitiese profeet Ibrahim (Abraham) en die moeder van Ismail (Ismael). Sy word in die Islam eerbiedig vir haar dapperheid en geloof. Volgens Moslems was sy die dogter van ’n farao en het dié haar vir Abraham as vrou gegee. Hoewel sy nie in die Koran by die naam genoem word nie, word daar van haar vertel in die verhaal van Abraham. Hagar se seun, Ismael, word beskou as ’n voorvader van die profeet Mohammed.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search