Hakka (volk)

Hakka

Totale bevolking: ca. 80 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: China (Guangdong, Fujian, Jiangxi, Guangxi, Sichuan, Hunan, Zhejiang, Hainan, Guizhou, Hongkong, Macau), Taiwan, Suidoos-Asië (Singapoer, Maleisië, Indonesië, Thailand, Viëtnam, Mianmar, Oos-Timor), Suid-Asië (Indië, Nepal, Bangladesj, Sri Lanka[2]), Oseanië (Fidji, Australië, Nieu-Seeland), Afrika (Suid-Afrika, Mauritius, Réunion, Kenia, Tanzanië, Uganda), Noord-Amerika (Verenigde State, Kanada), Europa (Verenigde Koninkryk, Frankryk, Nederland), Karibiese gebied (Kuba, Trinidad en Tobago, Guyana, Suriname, Jamaika), Latyns-Amerika (Meksiko, Colombia, Panama, Brasilië, Peru, Argentinië)
Taal: Hakka
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Chinese volksgodsdienste (Taoïsme, Konfusianisme, voorvaderaanbidding en ander), Mahayana-Boeddhisme, Christendom, ongebonde en ander
Verwante etniese groepe: Ander Han-Chinese volke

Die Hakka (Hakka: 客家人, pinyin: Kèjiārén; letterlik: "gaste"[3]) is een van die Han-Chinese volke met hul oorsprong in die Hakka-talige gebiede van die provinsies Guangdong, Fujian, Jiangxi, Guangxi, Sichuan, Hunan, Zhejiang, Hainan en Guizhou. In teenstelling met ander Han-Chinese groepe is die Hakka nie na 'n geografiese gebied, soos 'n provinsie, distrik of stad, genoem nie. Die hedendaagse Hakka word gewoonlik geïdentifiseer as mense wat een van die verskeie Hakka-dialekte praat of van Hakka-afkoms is. In die Volksrepubliek China word die Hakka nie as selfstandige etniese groep erken nie en by die Han-Chinese ingereken.

Tulou-geboue in Tianluokeng, Hukeng-stad, Yongding-distrik, Fujian

Die Hakka het hul oorsprong vermoedelik in die gebiede wat aan die Geelrivier grens, die hedendaagse Chinese provinsies Shanxi, Henan en Hubei.[4] In 'n reeks van migrasies het die Hakka in hul hedendaagse tuisland van Suid-China gevestig en vanaf daar het 'n aansienlike aantal oorsee na verskillende lande regoor die wêreld migreer, veral Suidoos-Asië, Noord- en Latyns-Amerika.[5] Die wêreldwye Hakka-bevolking word op sowat 80 miljoen geskat en hulle vorm die meesverspreide onder die Chinese gemeenskapsgroepe.

Die Hakka het 'n groot invloed op die ontwikkeling van die moderne China en oorsese Chinese geskiedenis gehad, veral 'n groot aantal van rewolusionêre, regerings- en militêre leiers was van Hakka-afkoms, waaronder Deng Xiaoping, Sun Yat-sen en Lee Kuan Yew.[6] Die Hakka is ook bekend vir hul rotundas, die Tulou (Vereenvoudigde Chinees: 土楼; Tradisionele Chinees: 土樓; pinyin: tǔlóu) wat in die provinsie Fujian opgerig is en in 2008 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.[7] Ander geboue het 'n vierkantige ontwerp en staan as Fanglou (方樓; 方楼; Fānglóu) bekend.

  1. "Hakka" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2019. Besoek op 14 Januarie 2018.
  2. (en) https://books.google.com.au/books?id=d7PcAwAAQBAJ&printsec=frontcover#v=onepage&q&f=false
  3. (en) LaCroix, Frederick E. (2009). The sky rained heroes: A journey from war to remembrance. Austin: Synergy Books. p. 56. ISBN 978-0-9821601-3-8.
  4. "The Hakka" (in Engels). Edu.ocac.gov.tw. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 14 Januarie 2018.
  5. (en) "Welcome to Longyan Municipal People's Government, PRC". English.longyan.gov.cn. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2014. Besoek op 15 Januarie 2015.
  6. (en) Erbaugh, Mary S. (Desember 1992). "The Secret History of the Hakkas: The Chinese Revolution as a Hakka Enterprise". The China Quarterly. Cambridge University Press (132): 937–968. JSTOR 654189.
  7. "Fujian Tulou" (in Engels). Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 14 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search