Haliet

Haliet
 
Formule NaCl 
Onsuiwerhede I, Br, Fe, O  
Kleur kleurloos, witagtig, geel, rooi, pers, blou 
Streep wit 
Hardheid 2,5 (Mohs) 
Digtheid 2,168 g/cm3 
Optiese eienskappe 
Transparansie deursigtig, deuskynend 
Dubbelbreking isotroop 
RI-waardes n = 1.5443 
Kristallografie 
Ruimtegroep Fm3
Strukturbericht-kode B1 
Eenheidsel a = 5.6404(1) Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Haliet (ook bekend as klipsout) is 'n mineraal met formule NaCl. Dit is die mineraalvorm van tafelsout. Die naam stam van Grieks άλς, sout, see. Die chemiese naam is natriumchloried.

Haliet is oplosbaar in water en kristalle word as evaporiete in soutmere gevind asook as soutkoepels in afsettingsgesteentes. Dit kan dalk ook deur sublimasie by 450-550 °C uit vulkaniese gasse gevorm word.[1]

Die mineraal is belangrik as grondstof vir vervaardiging van eetbare tafelsout en van chloor en natronloog. Ruwe haliet is nie veilig om te eet nie omdat dit skadelike onsuiwerhede kan bevat.

  1. "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search