Halifax, Nova Scotia

Halifax
Halifax Regional Municipality

Kaart Wapen
Vlag
 Land Kanada
 Provinsie Nova Scotia
 Koördinate 44°39′N 63°34′W / 44.650°N 63.567°W / 44.650; -63.567
 Stigting 1749
 Oppervlak:  
 - Totaal 5 490,18 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 372 679
 - Bevolkingsdigtheid 67,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied 412 273
 Tydsone UTC -4 (Atlantiese tyd)
 Burgemeester Peter Kelly
 Amptelike Webwerf www.halifax.ca

Halifax is die hoofstad en grootste metropolitaanse gebied van Nova Scotia, Oos-Kanada.

Ná sy samesmelting met Dartmouth en Bedford in die jaar 1996 vorm die stad en sy omgewing die streeksmunisipaliteit Halifax Regional Municipality met sowat 360 000 inwoners (2001). Halifax is die ekonomiese sentrum van die Atlantiese provinsies en die tweede grootste Kanadese kusstad na Vancouver (Brits-Kolombië), terwyl sy seehawe die wêreld se tweede grootste natuurlike hawe na Sydney (Australië) is. Dit is een van min hawens in Kanada wat dwarsdeur die jaar ysvry bly. Dit lê nader aan Europa as enige ander belangrike Noord-Amerikaanse seehawe suid van Newfoundland/Terre Neuve.

Die stad het 'n belangrike rol in die geskiedenis van Kanada gespeel en is oorspronklik veral as 'n Britse militêre teenwig vir die Franse seevesting Louisbourg, op die Kaap-Breton-eiland aangelê. Meer as een miljoen immigrante en vlugtelinge het by Halifax se Pier 21 voet aan wal gesit.

Vandag is Halifax 'n kosmopolitiese stad met kleiner wolkekrabbers en 'n gerestoureerde historiese stadskern wat byna volledig met die see omsluit word. Halifax se universiteite, met sowat 20 000 studente, dra by tot die kulturele lewe van die stad wat soms die "San Francisco van die noorde" genoem word - 'n verwysing na die brug oor die Narrows, wat Halifax met Dartmouth verbind en 'n bietjie na die Kaliforniese Golden Gate-brug lyk, die hawebuurt en die vestingsberg Citadel Hill met sy steil strate. Vanweë sy musieklewe word Halifax tans ook dikwels met die Noordwes-Amerikaanse stad Seattle vergelyk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search