Hamer en sekel

Tradisionele hamer en sekel
'n Weergawe van die hamer en sekel

Die hamer en sekel (☭) is deel van die kommunistiese simboliek en die gebruik daarvan dui op 'n verbintenis met kommunisme, 'n Kommunistiese Party of 'n Kommunistiese staat. Dit bevat 'n hamer en sekel bo-oor mekaar. Die gereedskap is simbole van die industriële werkers (proletariaat) en die landelike bevolking; deur dit saam te voeg word eenheid tussen industriële en landbouwerkers gesimboliseer. Die embleem is gedurende die Bolsjewistiese Rewolusie ontwerp.

Dit het bekend geword na die insluiting daarvan in die rooi vlag van die Sowjetunie, saam met die Rooi Ster. Dit is ook gebruik in ander vlae en embleme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search