Harland and Wolff

Harland and Wolff Heavy Industries Limited

Tipe Public limited company
Gestig 1861
Genasionaliseer in 1977
Geprivatiseer in 1989
Hoofkantoor Belfast, Noord-IerlandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
SleutelpersoneEdward Harland
Gustav Wilhelm Wolff
William Pirrie, 1st Viscount Pirrie
Thomas Andrews
Sir John Parker
IndustrieSiviele ingenieurswese
Mariene ingenieurswese
Skeepsbou
Offshore-toerusting
Werknemers79
MoedermaatskappyInfraStrata plc, Londen
Webwerfharland-wolff.com
Isle of Inishmore en Jonathan Swift in 2008 gedurende aanpassingswerk op Harland & Wolff se werf in Belfast

Harland & Wolff Heavy Industries is 'n Noord-Ierse swaaringenieurswese-maatskappy met skeepsbou en windkragsentrales as sy kernbedrywighede. Die hoofkwartier is in Belfast gesetel.

'n Groot verskeidenheid skepe is in Harland and Wolff se werf in die ooste van Belfast se middestad gebou, waarvan RMS Olympic, RMS Titanic en Britannic, drie reusepassasierskepe uit 'n sewentigtal wat in opdrag van die White Star Line-redery gebou is, die Koninklike Vloot se HMS Belfast, Royal Mail Line se Andes, Shaw Savill se Southern Cross en P&O se SS Canberra die bekendstes is. Die werf was drie dekades lank, tussen 1900 en 1930, die belangrikste werkgewer in Belfast. In die tyd van die Tweede Wêreldoorlog het dit werk verskaf aan 35 000 mense. Vanaf die 1950's het die onderneming agteruitgegaan weens die toenemende mededinging van skeepswerwe in Japan en Suid-Korea en die vervanging van oseaanskepe deur stralervliegtuie op transatlantiese en ander oorsese roetes. Die maatskappy se amptelike geskiedenis, Shipbuilders to the World, is in 1986 gepubliseer.

Die groeiende vraag na windkragsentrales in kusgebiede het van hierdie segment intussen die belangrikste bedrywigheid van Harland and Wolff gemaak wat driekwart van hul aktiwiteite verteenwoordig. So het die onderneming in November 2016 'n kontrak van Scottish Renewables ter waarde van £20 miljoen gewen om staalfondasies vir die uitbreiding van die East Anglia One-windplaas langs die kus van East Anglia, Engeland te verskaf.[1] Die onderneming doen daarnaas herstel- en ombouwerk aan skepe en veerbote. Sy geriewe word onder die grootstes in Europa gereken en is in staat om van die grootste seevaartuie te hanteer.[2]

  1. The Guardian, 25 November 2016: Harland and Wolff wins East Anglia One offshore windfarm contract. Besoek op 21 Mei 2017
  2. "Harland-wolff.com: Facilities. Besoek op 9 Januarie 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2018. Besoek op 9 Januarie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search