Hartaknoet van Denemarke

Vir die latere seun van Knoet die Grote sien Hartaknoet.
Hartaknoet
Koning van Denemarke
Periode 936940
Voorganger Sigtrygg Gnupasson
Opvolger Gorm die Oue
Vader Sigurd Slang-in-die-Oog
Moeder Blaeja
Gebore ±890
Oorlede 940
Kinders Gorm die Oue

Hartaknoet (gebore omstreeks 890 – 940) was ’n legendariese koning van Denemarke. Hy word in bronne genoem die seun van óf ene "Sven" óf die halfmitiese Wiking Sigurd Slang-in-die-oog, wat ’n seun van die legendariese Ragnar Lodbrok was. Sommige historici meen Hartaknoet was ’n kleinseun van Sigurd en nie ’n seun nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search