Hausa هَوُسَ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 25 miljoen (moedertaal) 15 miljoen (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Tsjad Wes-Tsjad Hausa–Gwandara Hausa | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ha
| |
ISO 639-2: | hau
| |
ISO 639-3: | hau
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Hausa (هَوُسَ of هَرْشَن هَوْسَ; Yaren Hausa of Harshen Hausa, letterlik: "Hausa-taal") is 'n Afro-Asiatiese taal in Wes-Afrika wat deur sowat 25 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Hausa-volk gepraat en is ná Engels en saam met Igbo en Joroeba een van Nigerië se amptelike tale. Hausa is ná Arabies, Frans, Engels en Swahili die belangrikste taal in Afrika.
Hausa is die belangrikste van die Tsjadiese tale en word naas ander tale hoofsaaklik in Noord-Nigerië en in Suidwes-Niger gepraat. Daar is ook sprekers in Benin, Ghana, Ivoorkus, Kameroen, Soedan, Tsjad en Togo.
Hausa is 'n analitiese toontaal met 'n subjek-predikaat-objek-sintaks. Hausa is tradisioneel in 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geskryf maar tans word veral 'n aangepasde Latynse alfabet gebruik.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search