Hekel

Deur te Hekel word daar 'n stuk materiaal gevorm wat met lusse aanmekaar ge'haak' word. Dit word met wol, gare of ander materiaal gemaak. Hierdie lusse word met 'n hekelnaald gevorm.[1] Hekelnaalde kom in verskeie groottes voor. Die naam hekel, is afgelei van die Franse term crochet, wat "klein haak" beteken. Hekelnaalde word gemaak van materiale soos metaal, hout, been of plastiek en word kommersieel en ook deur vakmanne vervaardig. Daar is twee verskille tussen hekel en brei. Met hekel word 'n enkel naald gebruik en elke steek word voltooi voordat daar met die volgende een aangegaan word, terwyl met brei 'n groot aantal van die steke onvoltooi gehou word op 'n slag. Variant vorme van hekel soos Tunisiese hekel en besemstok hekel hou egter ook verskeie hekel steke oop op 'n slag.

  1. http://www.thefreedictionary.com/crochet.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search