Helikopter

'n AW139 land op 'n skip se dek.
'n Chinook met twee rotors.
'n HH-43 Huskie.

'n Helikopter is 'n tipe lugvaartuig wat deur 'n groot, roterende vlerk of vlerke aangedryf word. Helikopters kan vertikaal opstyg en land. Alhoewel eksperimentele helikopters reeds gedurende die vroeë 1920's verskyn het, het Igor Sikorsky eerste daarin geslaag om kommersiële produkte te bou.

Konvensionele helikopter

Die konvensionele helikopter beskik oor twee rotors, die hoofrotor wat horisontaal en voor op die romp is en die kleiner, stertrotor wat vertikaal agter op die stert is. Die hoofrotor moet die helikopter laat opstyg, daal of op een plek laat hang. Die stertrotor moet die wringkrag van die enjin teenwerk sodat die romp nie in die teenoorgestelde rigting as die hoofrotor draai nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search