Herakleopolis

’n Deel van ’n reliëfwerk op die muur van ’n begrafniskapel in Herakleopolis, uit tussen die 9de en 11de Dinastie.

Herakleopolis (Grieks: Ἡρακλεόπολις, Latyn: Heracleopolis Magna) was die hoofstad van die 20ste nomos (administratiewe streek) van Antieke Egipte. Dit is sowat 15 km wes van die hedendaagse stad Beni Suef geleë.[1] In Egipties het dit Henen-nesoet, Nen-nesoe of Hwt-nen-nesoe geheet, wat beteken "huis van die koninklike kind".

  1. An Introduction to the Archaeology of Ancient Egypt, 2008. Oxford: Blackwell Publishing. 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search