Herakles

Herakles
Griekse god
’n Romeinse marmerbeeld van Herakles, beter bekend as Hercules, Nasionale Argeolgiese Museum, Napels, Italië.
’n Romeinse marmerbeeld van Herakles, beter bekend as Hercules, Nasionale Argeolgiese Museum, Napels, Italië.
Naam Herakles
God van krag, helde, sport, atlete, gesondheid, landbou, vrugbaarheid, handel, woorde en goddelike beskermer van die mensdom
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool Nemeïese leeu, boog en pyle
Vrou Hebe
Ouers Zeus en Alkmene
Broers, susters Ares, Atena, Apollo, Artemis, Afrodite, Dionisos, Hebe, Hermes, Helena van Troje, Hefaistos, Perseus, Minos, Ifikles, die Muses, die Grasieë
Kinders Alexiares en Aniketus, Telefus, Hullus, Tlepolemus
Romeinse eweknie Hercules

Herakles (Grieks: Ἡρακλῆς; "Hera" + "kleos" = "glorie van Hera" of "glorieryk deur Hera";[1] oorspronklike naam Alkaios, Ἀλκαῖος,[2] of Alkeides, Ἀλκείδης'[3]) was 'n goddelike held en die seun van Zeus en Alkmene. Hy was die grootste van die Griekse helde, ’n toonbeeld van manlikheid, die voorvader van koninklike clans wat hulleself Herakleidai genoem het en die kampioenvegter van die Olimpiese orde teen chtoniese (onderwêreldse) monsters.

In die Romeinse mitologie en die moderne Westerse wêreld is hy bekend as Herkules of Hercules. Die Romeine het die Griekse weergawe van sy werk en lewe feitlik onveranderd oorgeneem.

Buitengewone krag, moed, vindingrykheid en seksuele vaardigheid met beide mans en vroue was van sy hoedanighede. Hoewel hy nie so slim soos Odusseus of Nestor was nie, het hy wel sy brein gebruik in gevalle waar sy krag nie voldoende was nie, soos toe hy vir koning Augias van Elis gewerk het, met die reus Antaios gestoei het of die god Atlas oorreed het om die hemelruim terug te neem op sy eie skouers. Saam met Hermes was hy die beskermheer van antieke Griekse gimnasiums.[4] Sy simbole was die leeuvel en knuppel.

  1. Becking, Bob, et al. Dictionary of deities and demons. red. Toorn, Karel van der, B. Eerdmans Publishing. 1999
  2. Schmitz, Leonhard (1867). "Alceides". Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology 1. Ed. William Smith. Boston: Little, Brown and Company. 98.  Geargiveer 27 Mei 2008 op Wayback Machine
  3. Apollodorus, ii. 4. § 12
  4. Pausanias, Guide to Greece, 4.32.1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search