Herbert von Karajan

Herbert von Karajan
Herbert von Karajan in 1938
Agtergrondinligting
GeboortenaamHeribert Ritter von Karajan
Gebore5 April 1908
Salzburg (Oostenryk-Hongarye)
Sterf16 Julie 1989 (op 81)
Anif (Oostenryk)
GenresOpera
Beroep(e)Dirigent

Herbert von Karajan was 'n Oostenrykse dirigent wat op 5 April 1908 in Salzburg gebore is, en op 16 Julie 1989 in Anif, naby Salzburg oorlede is. Hy word allerweë as een van die voorste dirigente van die twintigste eeu beskryf en word nouste verbind met die Berliner Philharmoniker, die orkes waarvan hy vir 34 jaar musiekdirekteur was. Hierdie vennootskap tussen dirigent en orkes het tot honderde opnames gelei en 'n unieke klank aan die Berliner Philharmoniker verleen. Karajan was ook nou verbind met die Wiener Philharmoniker en die Salzburg-fees.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search