Hermanus

Hermanus
Die kuslandskap van Hermanus
Die kuslandskap van Hermanus
Hermanus is in Wes-Kaap
Hermanus
Hermanus
 Hermanus se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°25′S 19°15′O / 34.417°S 19.250°O / -34.417; 19.250
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitOverstrand
Stigting1891
Oppervlak
 • Totaal17,81 km2 (6,88 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal10 457
 • Digtheid587/km2 (1 520/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense43.5%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense47.2%
 • Swart mense7.8%
 • Ander0.9%
Taal (2011)
 • Afrikaans 76.1%
 • Engels 20.7%
 • Ander 3.2%
Poskode (strate)
7200
Poskode (posbusse)
7200
Skakelkode028
WebwerfHermanus-webwerf

Hermanus, oorspronklik Hermanuspietersfontein genoem, is 'n kusdorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, geleë langs Walkerbaai, sowat 115 km suid-oos van Kaapstad en 40 km vanaf Gansbaai. Hermanus is een van 'n reeks Suid-Afrikaanse nedersettings wat sedert die 19de eeu tot gewilde strand- en herstellingsoorde ontwikkel het. Volgens die tradisie van Britse strandoorde is dikwels na Hermanus se skoon seelug verwys. Hermanus was vanaf die 1930's 'n halfeeu lank hoofsaaklik 'n vakansiebestemming vir blanke Suid-Afrikaanse gesinne. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, toe beperkings op toerisme in die buiteland geplaas is, het welvarende afgetredenes hulle hier begin vestig.

Hermanus se toerismebemarking het na die dorp in 1949 verwys as die Riviera of the Cape (Riviera van die Kaap). Vanaf die vroeë 1950's is - met die oog op die veranderende politieke konteks wat ook uitwerkings op die binnelandse toerismemark gehad het - op Afrikaanssprekende blankes as hoofteikengroep gefokus en het Hermanus as gasheerdorp vir konferensies ook 'n gewilde bestemming vir saketoerisme geword.[2]

Vandag is Hermanus veral bekend as een van Suid-Afrika se gewildste haai- en walviskykplekke. Die Wêreldnatuurfonds (WWF) reken die kusdorpie selfs onder die wêreld se twaalf beste walviskykplekke.[3]

'n Uitsig oor Hermanus
Die Anglikaanse St. Petruskerk op Hermanus
Hermanus se NG kerk, ontwerp deur Wynand Louw

Hermanus is die paringsgebied van die Suidelike noorkapper, 'n groot walvissoort. In Augustus, wanneer die eerste kalfies gebore word, vier Hermanus sy Kalfiefees. Die hoof-walvisfees word in September gehou. Die walvisse kom gereeld tot enkele meters van die mense op die land.

Hermanus beskik oor 'n eersterangse toerisme-infrastruktuur en het al verskeie toekennings gewen, byvoorbeeld drie keer as "Skoonste dorp van die jaar in Suid-Afrika". Plaaslike sjefs fokus op seekos, braaikos en Afrika-kookkuns uit lande so ver as Senegal en Ethiopië.[4]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Hermanus". Sensus 2011.
  2. Jayne M. Rogerson and Gustav Visser (reds.): New Directions in South African Tourism Geographies. Kindle e-boek. Cham: Springer Nature Switzerland AG 2020, pos. 1174-1190
  3. B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. Verken Suid-Afrika streek vir streek. Derde hersiene uitgawe. Johannesburg: Jonathan Ball/Sunbird Uitgewers 2014, bl. 70
  4. Tony Pinchuck, Barbara McCrea, Donald Reid and Greg Mthembu-Salter (reds.): The Rough Guide to South Africa, Lesotho & Swaziland. London: Rough Guides 2002, bl. 237-238

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search