Hermetisme

Hermes Trismegistos.

Hermetisme is ’n godsdienstige, filosofiese en esoteriese tradisie wat hoofsaaklik geskoei is op geskrifte wat aan Hermes Trismegistos ("drie-keer-grootste Hermes") toegeskryf word.[1] Dié geskrifte het die Westerse esoteriese beweging in ’n groot mate beïnvloed en is as van groot belang beskou tydens beide die Renaissance[2] en die Hervorming.[3] Die tradisie maak aanspraak daarop dat dit afstam van ’n prisca theologia, ’n leerstelling wat die bestaan bevestig van ’n enkele, ware teologie wat in alle godsdienste teenwoordig is en in die oudheid deur God aan die mens gegee is.[4][5]

Baie skrywers, insluitende Augustinus van Hippo,[6] Giordano Bruno en sir Thomas Browne, het Hermes Trismegistos beskou as ’n wyse heidense profeet wat die koms van die Christendom voorsien het.[7][8]

  1. Churton, Tobias. The Golden Builders: Alchemists, Rosicrucians, and the First Freemasons. New York: Barnes and Noble, 2002. Bl. 4
  2. "Hermeticism" The Concise Oxford Dictionary of World Religions
  3. Heiser, James D., Prisci Theologi and the Hermetic Reformation in the Fifteenth Century, Repristination Press, Texas: 2011. ISBN 978-1-4610-9382-4
  4. Yates, F., Giordano Bruno and the Hermetic Tradition, Routledge, Londen, 1964, ble. 14–18 en 433–434
  5. Hanegraaff, W.J., New Age Religion and Western Culture, SUNY, 1998, bl. 360.
  6. Augustine, City of God, 4.8.23,
  7. Yates, F., Giordano Bruno and the Hermetic Tradition, Routledge, Londen, 1964, ble. 9–15, 61–66 en 413
  8. Heiser, J., "Prisci Theologi and the Hermetic Reformation in the Fifteenth Century", Repristination Press, Texas, 2011 ISBN 978-1-4610-9382-4

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search