Hidroksichlorokien

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Hidroksichlorokien

Handelsname Palquenil, Quineprox, ander
Swangerskap Kategorie D[Nota 1][1]
toedieningsroetes Per mond tablette
Wettige status Slegs op voorskrif
Farmakokinetiese data
Biobeskikbaarheid Wisselend (gemiddeld 74%) 2-4,5 hure
Metabolisme Lewer
Eliminasie-halfleeftyd 32-50 dae
Uitskeiding Niere en Gal
Chemiese data
CAS nommer 118-42-3
IUSTC-naam (RS)-2-[{4-[(7-chlorokienolien-4-il)amieno]pentiel}(etiel)amieno]etanol
Chemiese formule C18H26ClN3O
Moenie met Chlorokien verwar word nie

Hidroksichlorokien is 'n medikasie wat gebruik word om malaria te voorkom en te behandel in gebiede waar malaria sensitief is vir chlorokien. Ander gebruike sluit in die behandeling van rumatoïede artritis, lupus[Nota 2] en porfirie.[Nota 3] Dit word deur die mond geneem, dikwels in die vorm van tablette wat hidroksichlorokiensulfaat bevat.[2][3]

Algemene newe-effekte kan braking, hoofpyn, sigveranderings en spierswakheid insluit.[2] Erge newe-effekte kan allergiese reaksies, sigprobleme (retinopatie) en hartprobleme insluit.[2][4] Alhoewel alle risiko's nie uitgesluit kan word nie, bly dit 'n behandeling vir rumatiese siektes tydens swangerskap.[5] Hidroksichlorokien is in die antimalaria- en 4-aminokinolienfamilies van medikasie.[2] Dit staan ​​op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van noodsaaklike medisyne.[6]

Hidroksichlorokien se vermeende vermoë om koronavirussiekte-2019 (COVID‑19) te voorkom en te behandel is bestudeer, maar kliniese toetse het bevind dat dit ondoeltreffend is vir hierdie doel en 'n moontlike risiko vir gevaarlike newe-effekte inhou.[7] Die spekulatiewe gebruik van hidroksichlorokien vir koronavirussiekte-2019 bedreig die beskikbaarheid daarvan vir mense met gevestigde aanduidings.[8]


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/> tag was found

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Drugs.com pregnancy
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named AHFS2020
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Drugs.com
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mayoclinic1
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Flint
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WHO21st
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nih
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Juurlink2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search