Home Insurance Building

Die Home Insurance Building

Die Home Insurance Building is 'n kantoorgebou in Chicago (Illinois, Verenigde State), wat in 1885 opgerig is. Die gebou, wat reeds in 1931 afgebreek is om plek te maak vir die Field Building (tans die LaSalle Bank Building), het oor tien verdiepings met 'n hoogte van 42 meter (138 voet) beskik en word deur sommiges as die eerste wolkekrabber ter wêreld beskou. Die gebou is deur die argitek en ingenieur William LeBaron Jenney ontwerp.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search