Homofoon

Homofone is woorde wat presies eenders klink, maar waarvan die betekenis en spelling verskil.

Die woorde vlei en vly is homofone van mekaar:

  • Sy vlei (heuning om mond smeer) hom sodat hy vir haar gunsies sal doen.
  • Hy vly (neerlê) hom op die bank neer.

In hierdie geval is faal en vaal homofone van mekaar:

  • Die poging sal faal (misluk).
  • Die prent is baie vaal (die kleur).
Jy ry op 'n fiets. Die homofoon van fiets is viets, wat na netjiese/fikse figuur verwys.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search