Huis van Stuart

Huis van Stuart
Wapen van die Stuarts sedert 1603
Wapen van die Stuarts sedert 1603
Voorganger Huis van Tudor
Opvolger Huis van Hannover

Die Huis van Stuart, ook bekend as die Huis van Stewart, is ’n belangrike Europese koningshuis. Dit is deur Robert II van Skotland gestig en lede van die familie het in die laat 14de eeu die eerste keer monarge van Skotland geword. Die dinastie het in die 17de eeu verdere grondgebied geërf wat die hele Engeland en Skotland ingesluit het en hulle het ook aanspraak gemaak op die Franse troon.

Tussen 1371 en 1603 het nege Stuart-monarge oor Skotland regeer. Daarna was daar ’n Vereniging van die krone onder Jakobus VI en I wat die enigste aanspraakmaker geword het op die trone van die Huis van Tudor. Vyf Stuart-monarge het oor Engeland en Skotland (asook oor Ierland) regeer, maar die Stuart-tydperk is onderbreek deur die Engelse Interregnum, wat van 1649 tot 1660 geduur het ná die Engelse Burgeroorlog. Met die stigting van die Koninkryk van Groot-Brittanje ná die Verdrag van Unie, wat Engeland en Skotland polities verenig het, was Anna van Groot-Brittanje die eerste monarg. Met haar dood het die troon na die Huis van Hannover gegaan.

Tydens die bewind van die Stuarts het Skotland ontwikkel van ’n redelik arm en feodale land tot ’n vooruitstrewende, redelik moderne en gesentraliseerde staat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search