Huis van Wangchuck

Wangchuck
Die huidige koning van Bhoetan, Jigme Khesar Namgyel Wangchuck, en sy gesin.
Die huidige koning van Bhoetan, Jigme Khesar Namgyel Wangchuck, en sy gesin.
Land Vlag van Bhoetan Bhoetan
Streek Suid-Asië
Titel Druk Gyalpo
Stigter Ugyen Wangchuck
Huidige heerser Jigme Khesar
Namgyel Wangchuck
Gestig 17 Desember 1907
Nasionaliteit Bhoetanees
Godsdiens Vajrayana-Boeddhisme

Die Huis van Wangchuck (དབང་ཕྱུག་རྒྱལ་བརྒྱུད་; Wylie: Dbang-phyug Rgyal-brgyud) regeer sedert Bhoetan se hereniging in 1907 oor die land. Voor die hereniging het die Wangchuck-familie oor die distrik Trongsa regeer. Hulle het eindelik die mag van ander streekheersers oorgeneem en die guns van die Britse Ryk gewen. Ná die vereniging van die mag is die 12de penlop van Trongsa, Gongsar Ugyen Wangchuck, gekies as Druk Gyalpo (die "Draakkoning") en het hy die koningshuis gestig. Die amp "Druk Gyalpo" is buite die land meer algemeen bekend as "koning van Bhoetan".

Die Wangchuck-dinastie het onder sy eerste twee monarge betrekkinge met Brittanje en Indië opgebou. Die derde, vierde en vyfde (huidige) monarge het die land op die pad na demokrasie, desentralisasie en ontwikkeling geplaas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search