Idaho

Deelstaat Idaho
alt alt
Vlag van Idaho Seël
Bynaam(e): Gem State, Spud State
alt
Kaart van die Verenigde State met Idaho uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
Hoofstad Boise
Grootste stad Boise
Area  14de in die V.S.
 - Totaal 216 632 km2
 - Wydte 491 km
 - Lengte 771 km
 - Water 2 133 km2
 - % water 0,98 %
 - Breedtegraad 43.19 N tot 49° N
 - Lengtegraad 112.35′ W tot 117°15′ W
Bevolking  50ste in die V.S.
 - Totaal 1 567 582
 - Digtheid 7,24/km2
44de in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Borah Peak
3862 m
 - Gemiddeld 1524 m
 - Laagste punt Clearwaterrivier, Lewiston
217 m
Toetrede tot die Unie  3 Julie 1890 (43ste)
Goewerneur Brad Little (R)
Luitenant-Goewerneur Janice McGeachin (R)
Wetgewer Idaho Wetgewer
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Mike Crapo (R)
Jim Risch (R)
Tydsone Mountain: UTC-7/DST-6
Afkortings ID US-ID
Webblad www.idaho.gov

Idaho (Engels: State of Idaho) is 'n deelstaat in die Noordwestelike Stille Oseaangebied van die Verenigde State van Amerika. Die deelstaat se grootste nedersetting en hoofstad is Boise. Idaho se byname is Gem State ('n groot verskeidenheid edelgesteentes en half-edelgesteentes word in Idaho gemyn, waaronder granaatstene, opale en jaspisse) en Spud State (die deelstaat lewer 'n derde van die Amerikaanse aartappelproduksie op). Die etimologie van die woord Idaho is onseker.

Idaho het 'n bevolking van sowat 1,8 miljoen en 'n oppervlakte van 216 632 vierkante kilometer. Idaho word in die noorde deur Kanada (Brits-Kolombië ), in die ooste deur Montana en Wyoming, in die suide deur Utah en Nevada, en in die weste deur Washington en Oregon begrens. Dit is een van die state wat in die Rotsgebergte lê, en dit het 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne.

Landskapstoneel in die Palouse, die "Amerikaanse Toskane"
Owyhee-gebergte
Die vulkaniese landskap van Craters of the Moon National Monument: Big Southern Butte teen sonop
Big Southern Butte in Mei

Alhoewel die deelstaat se amptelike volkslied Here We Have Idaho beweer

And here we have Idaho
Winning her way to fame

is Idaho steeds een van die mins bekende Amerikaanse deelstate - selfs vir bewoners van aangrensende state en inheemses.[1] Bewoners van die yl bevolkte deelstaat word deur geografiese besonderhede, godsdienstige oortuigings, vervoerpatrone en geskiedenis van mekaar geskei. So het hulle dikwels meer kennis van streke in aangrensende state - Utah, Montana, Wyoming, Nevada, Oregon of Washington - as van die verder afgeleë gebiede van hul eie deelstaat. Die padafstand tussen Bonners Ferry in die noorde en Montpelier in die suidooste is 790 myl - byna so groot soos dié tussen New York en Chicago.

Behalwe vir Kalifornië en Texas is daar geen ander deelstaat suid van Alaska wat oor 'n groter afstand van noord na suid strek nie. Nog in die laat 19de eeu het bewoners van die noordelike Idaho Panhandle pogings onderneem om van Idaho af te skei en by Washington of Montana aan te sluit.[2]

Net een geasfalteerde nasionale roete, U.S. Highway 95, een van die belangrikste grootpaaie in die weste van die VSA wat in noord-suidelike rigting loop en San Luis, 'n nedersetting langs Arizona se grens met Meksiko, met die Kanadese grens en British Columbia Highway 95 verbind, kronkel deur die bergwêreld van Sentraal-Idaho wat die noorde van die deelstaat van die suide skei.

Selfs gedurende die bloeitydperk van spoorvervoer tussen die 1880's en 1920's was daar geen regstreekse spoorverbinding tussen die Idaho Panhandle in die noorde en die hoofstad Boise nie - passasiers was genoodsaak om na een van die buurstate te ry waar hulle die treine moes wissel.

Een van die belangrikste geografiese en topografiese kenmerke van Idaho is die feit dat die deelstaat - behalwe vir die Snake River-vlakte - uit 'n eindelose see van berge bestaan, met altesaam tagtig reekse en slegs enkele eilande met landboustreke daartussen soos die Camas Prairie of die Palouse-heuwels.

  1. Carlos A. Schwantes: In Mountain Shadows. A History of Idaho. Lincoln NE: University of Nebraska Press 1991, bl. 1
  2. Schwantes (1991), bl. 2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search