Ilias

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Bladsye uit die Ilias
Die sewe beginverse van Homeros se Ilias

Die Ilias of Iliade (Grieks: Ἰλιάς) is ’n epiese gedig in daktiliese heksameter (sesvoetige verse). Daar word tradisioneel aanvaar dat Homeros dit geskryf het.

Dit speel af in die Trojaanse Oorlog en gee die gebeure weer tydens ’n geveg tussen koning Agamemnon en die vegter Achilles. Die Trojaanse perd word ook daarin genoem. Die fliek Troy gaan oor die Trojaanse Oorlog. Hoewel die verhaal net ’n paar weke in die laaste jaar van die oorlog dek, verwys dit na baie van die Griekse legendes daaroor.

Sing van die wrok, o godin, van Pêleus se seun, Achillés die verderflike wrok, wat tienduisende smarte oor die Achajers gebring het, en baie sterk siele van helde voor Hadés geslinger en hulleself ten prooi van die honde en al die roofvoëls beskik het — en die plan van Zeus is voleindig! — ja, vandat Atreus se seun, koning van manne, en die goddelike Achillés vir die eerste keer in twis van mekaar geskei het.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search