Indiese subkontinent

Indiese subkontinent

Kaart van die Indiese subkontinent

Oppervlakte 4 400 000 km²
Bevolking 1 700 000 000
Bevolkingsdigtheid 386 inwoners/km²
Lande 6 (Bangladesj, Bhoetan, Indië, Nepal, Pakistan en Sri Lanka)
Tale Indo-Europees
Drawidies
Tydsones UTC+5, UTC+5.30, UTC+6
Nasa-Satellietbeeld van die Indiese subkontinent
Die "Indies" van die wêreld:

   Oos-Indië (Maleise argipel en Indo-China)

   Indië (Indiese subkontinent en Mianmar)

   Wes-Nieu-Guinee

   Wes-Indië

   Lande wat soms as deel van Wes-Indië beskou word

Beweging van vlugtelinge tydens die verdeling van Indië in 1947

Die Indiese subkontinent is die landmassa suid van die Himalaja en maak deel uit van Suid-Asië. Die grootste deel van die subkontinent word deur Indië beslaan, ander lande sluit in Bangladesj, Bhoetan, Nepal, Pakistan en Sri Lanka. Die belangrikste riviere op die subkontinent sluit in Ganges, Godavari, Indus, Krisjna, Narmada en Yamuna. Die gebied word subkontinent genoem, omdat dit nie deel uitmaak van die Asiatiese plaat nie.

Tot en met 1947 het Brits-Indië die hele Indiese subkontinent beheer, maar in hierdie jaar is die Britse kolonies in die lande Indië en Pakistan (saam met Bangladesj) verdeel en in 1971 het Bangladesj van Pakistan onafhanklik geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search