Inkbessiebos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. laevigatum
|
Binomiale naam | |
Cestrum laevigatum Schltdl., 1832
|
Die inkbessiebos (Cestrum laevigatum) is 'n genaturaliseerde boom wat oorspronklik van Suid-Amerika kom en 'n onkruid in die trope en subtrope geword het. Die boom word 'n probleem in versteurde plekke langs die ooskus van noordwaarts vanaf Oos-Londen. Die blare ruik onaangenaam wanneer dit gekneus word.
Dit is nie 'n welbekende feit dat die bos ook hoogs giftig is vir diere nie. Daar is bevind dat dit giftig is vir beeste, skape, bokke en selfs volstruise. Dit word algemeen in tuine geplant as struike en kan later in 'n ernstige probleem ontaard as dit na nabygeleë plase en plotte versprei waar daar vee is. Daar is selfs gevalle van meer as twintig beeste in 'n week se tydperk wat vrek as gevolg van die giftige stowwe in die blaar en stingel van die plant.
Die inkbessiebos is 'n kategorie 1b indringerplant in Suid-Afrika.[1]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search