Intensiewe grootheid

'n Intensiewe grootheid is in fisiese chemie 'n grootheid wat onafhanklik is van die hoeveelheid materie van die monster. Die teenoorgestelde is 'n ekstensiewe grootheid.[1] 'n Grootheid is 'n veranderlike waarvan die hoeveelheid deur meting bepaal kan word.

'n Goeie voorbeeld is die volume, V, van 'n stuk yster. As ons by dieselfde temperatuur en druk twee maal soveel yster neem, laat ons sê twee gram pleks van een, dan sal die volume ook twee maal groter wees. Dit wil sê dat volume ekstensief is. As ons egter die digtheid van die yster bepaal, maak dit nie saak of dit een of twee gram is nie. Digtheid is dus 'n intensiewe grootheid of intensiewe meetbare hoeveelheid.

In die termodinamika word dikwels intensiewe groothede geskep deur af te spreek dat daar altyd byvoorbeeld een gram of een mol ter sprake is.

So is die warmtekapasiteit 'n ekstensiewe grootheid: die hoeveelheid warmte wat twee gram water kan opneem sodat dit 1 Kelvin in temperatuur styg is twee maal so groot as vir een gram water. In die een geval sal dit 4,2 [J/K] wees, en in die ander 8,4 [J/K].

  1. Peter Atkins, Julio de Paula Physical Chemistry, 10de uitgawe, 2014, 978-1-4292-9019-7, bls.5

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search