Intergalaktiese ster

’n Botsing tussen sterrestelsels kan dalk intergalaktiese sterre tot gevolg hê.
Die Virgo-sterrestelselswerm, waar die verskynsel ontdek is.

’n Intergalaktiese ster is ’n ster wat buite ’n sterrestelsel voorkom en nie deur swaartekrag aan ’n stelsel gebind word nie. Hoewel voorheen baie in sterrekundige sirkels daaroor gedebatteer is, word nou geglo hulle het in sterrestelsels ontstaan, maar is óf deur botsings tussen sterrestelsels óf as deel van ’n veelvoudige ster deur ’n swartkolk die ruimte ingewerp. Sulke swartkolke kom in die middel van baie sterrestelsels voor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search