Interregeringspaneel oor klimaatverandering

Die Interregeringspaneel oor klimaatverandering (Engels: Intergovernmental Panel on Climate Change, IPCC) is in 1988 deur die Verenigde Nasies se omgewingsprogram (United Nations Environmental Program, UNEP) en die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) in die lewe geroep.

Die paneel maak deel uit van die Verenigde Nasies se Klimaatverdrag (UNFCCC) en evalueer die gevare wat klimaatverandering inhou, om teenmaatreëls saam te stel. Die setel van die IPCC se sekretariaat is in Genève (Switserland). Die Interregeringspaneel oor klimaatverandering het in 2007 saam met Al Gore die Nobelprys vir Vrede ontvang.[1]

  1. "The Nobel Peace Prize 2007" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search