Isolezwe

Isolezwe is 'n Zoeloe-koerant wat deur Independent News & Media besit word, en is die grootste dagblad in KwaZulu-Natal. Dit word daagliks in Durban, Suid-Afrika, in die poniekoerant-formaat gepubliseer.

Kiki Ntuli, die koerant se vorige redakteur, beskryf hul teikenmark as "die moderniserende Zoeloe...iemand wat dalk teruggaan huis toe na die landelike gebiede om 'n koei vir die voorvaders te slag, maar net so gemaklik is om sy gesin uit te neem vir aandete en 'n fliek in 'n winkelsentrum".[1][2]

In Junie 2004 het Isolezwe hul aanlyn-uitgawe bekendgestel; hul mede Independent News & Media-publikasies het die webbladsy as die eerste Zoeloetalige nuuswebwerf beskryf.[3][4]

  1. Tolsi, Niren (2007-05-28), "The all new Zulu", Mail and Guardian, http://www.mg.co.za/article/2007-05-28-the-all-new-zulu, besoek op 2010-06-03 
  2. "Media Update (Isolezwe conquers the streets)". Besoek op 24 Junie 2013.
  3. "Zulu goes online with Isolezwe website", Independent Online, 2004-06-21, http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=31&art_id=iol1087809565896Z400, besoek op 2010-06-03 
  4. Khan, Farook (2004-06-30), "Isolezwe launches into cyberspace", The Mercury, http://www.themercury.co.za/index.php?fSectionId=283&fArticleId=2132750, besoek op 2010-06-03 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search