Isoniasied

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Isoniasied
Isoniasied in 3D voorgestel Chemiese struktuur
Chemie
IUPAC sistematiese naam iso-nikotiniel-hidrasien
Chemiese formule C6H7N3O
Molêre massa 137.139 g/mol
CAS registernommer 54-85-3
Farmakokinetika
Roete van toediening mondelings, intramuskulêr,
intraveneuse inspuiting
Proteïengebonde weinig (0-10%)
Metabolisme Lewer; CYP450: 2C19,
3A4 inhibeerder
Eliminasie-halfleeftyd 0.5-1.6 uur (snel asetieleerders)
2-5 uur (stadige asetieleerders)
Uitskeidingsroete urine (primêr), ook faecies

Isoniasied, ook bekend as iso-nikotiniel-hidrasien (afgekort as INH), is 'n organiese verbinding wat die eerste-linie medikasie is vir die voorkoming en behandeling van tuberkulose (TB). Die verbinding is reeds in die vroeë 20ste eeu ontdek, [1] maar die aktiwiteit teen tuberkulose is eers in die vroeë 1950's bekendgemaak en drie farmaseutiese maatskappye het gelyktydig, maar onsuksesvol, probeer om die middel te patenteer. [2] Die bekendste firma hiervan is Roche, wat sy weergawe, 'Rimifon' in 1952 geloods het. [3] Die middel is aanvanklik in Arizona, Amerika op die Navajo-gemeenskap van "Many Farms" getoets, danksy die bevolking se ernstige tuberkulose probleem en omrede hulle nie voorheen aan streptomisien blootgestel was nie, die belangrikste tuberkulose behandeling van daardie tyd. [4] Met die bekendstelling van isoniasied is 'n moontlike kuur vir tuberkulose die eerste keer gevind.

Isoniasied is beskikbaar in tabletvorm, stroop, en inspuitbare vorms (binnespiers of binneaars). Dit is wêreldwyd beskikbaar, is goedkoop en word oor die algemeen goed verdra deur pasiënte. Dit word vervaardig van isonikotiniese suur, wat weer geproduseer word van 4-metielpiridien. [5]

  1. Meyer H, Mally J (1912). "On hydrazine derivatives of pyridine carbonic acids" (PDF). Monatshefte Chemie verwandte Teile anderer Wissenschaften (in Duits) (4).[dooie skakel]
  2. Hans L Riede (2009). "Fourth-generation fluoroquinolones in tuberculosis". Lancet. 373 (9670): 1148–1149.
  3. "Roche VSA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2007. Besoek op 26 Februarie 2014.
  4. Jones, David (2002). "The Health Care Experiments at Many Farms: The Navajo, Tuberculosis, and the Limits of Modern Medicine, 1952-1962". Bulletin of the History of Medicine. 76 (4): 749–790.
  5. Shinkichi Shimizu, Nanao Watanabe, Toshiaki Kataoka, Takayuki Shoji, Nobuyuki Abe, Sinji Morishita, Hisao Ichimura (2007). "Pyridine and Pyridine Derivatives". Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry. New York: John Wiley & Sons.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search