Ivoriaanse nasionale rugbyspan

Ivoorkus
Unie Ivoriaanse Rugbyfederasie (FIR)
Bynaam(e) Les éléphants (“Die olifante”)
Embleem die Olifant
Stadion Stade Félix Houphouët-Boigny, Abidjan
Kapasiteit 50 000
Afrigter(s) Andre Adopo
Kaptein(s) Charles Zamble
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse 5 spelers (8 elk)[1]
Meeste punte Athanase Dali (31)[2]
Meeste drieë Abubacar Camara (3)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 22–9 Ivoorkus Vlag van Ivoorkus
(Harare, Zimbabwe; 5 Mei 1990)
Grootste oorwinning
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 83–3 Mauritius Vlag van Mauritius
(26 Junie 2013)
Grootste nederlaag
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 0–89 Skotland Vlag van Skotland
(Rustenburg, Suid-Afrika; 26 Mei 1995)
Wêreldbeker
Verskynings 1/10 (Eerste in 1995)
Beste uitslag Laaste in groep 1995

Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan (Frans: Équipe de Côte d'Ivoire de rugby à XV) is die nasionale rugbyspan wat Ivoorkus in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Les Éléphants (“die olifante”), genoem na die Afrika-olifant, Ivoorkus se wapendier. Rugby word in Ivoorkus geadministreer deur die Ivoriaanse Rugbyfederasie (Fédération ivoirienne de rugby, FIR) wat in 1961 gestig is. Ivoorkus word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Ivoriaanse rugbyspan is tans (Julie 2024) 62ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Saam met Kenia en Zimbabwe is Ivoorkus tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikarugbyspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias.

Ivoorkus het in 1990 sy eerste toetswedstryd teen Zimbabwe gespeel. Die span kon vir een rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer, maar hulle het tydens die 1995-toernooi al hul groepwedstryde verloor. Hulle het tydens die Afrikabeker nog geen titel ingepalm nie en een keer in die vierde plek geëindig. Die Ivoriaanse span speel tradisioneel in oranje truie met wit broeke en groen sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 29 Julie 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 29 Julie 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 29 Julie 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 29 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search