James Buchanan

James Buchanan
15de President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 18574 Maart 1861
Voorganger Franklin Pierce
Opvolger Abraham Lincoln
Geboortedatum 23 April 1791
Geboorteplek Cove Gap, Pennsylvania
Sterftedatum 1 Junie 1868
Sterfteplek Lancaster, Pennsylvania
Eerste Dame Harriet Lane
Politieke party Demokraat
Visepresident John Breckinridge
Handtekening

James Buchanan (23 April 17911 Junie 1868) was die 15de President van die Verenigde State, van 1857 tot 1861.[1] Hy was die enigste president wat 'n vrygesel was. Tydens sy ampstermyn het Minnesota (11 Mei 1858) die 32ste, Oregon (14 Februarie 1859) die 33ste en Kansas (29 Januarie 1861) die 34ste deelstaat van die Verenigde State geword.

Hy was van 1845 tot 1849 die minister van Buitelandse Sake in die kabinet van president James Knox Polk. Hy onderhandel met Engeland oor Oregon en probeer Kuba van Spanje koop. Hy is gekritiseer vir sy gebrek aan positiewe optrede wat kon keer dat die land teen 'n afwaartse spiraal afgly. Hy was 'n voorstander van die regte van state, veral met betrekking tot slawerny, en het die rol van die federale regering voor die burgeroorlog tot die minimum beperk. Buchanan was die laaste president wat in die 18de eeu gebore is. Dit het uiteindelik tot die Amerikaanse Burgeroorlog aanleiding gegee.

Buchanan is in 1868 op 77-jarige leeftyd oorlede.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search