James Cook

James Cook
James Cook, portret deur Nathaniel Dance-Holland ca. 1775, National Maritime Museum, Greenwich
Gebore7 November 1728
Sterf14 Februarie 1779
Kealakekuabaai, Hawaii
Nasionaliteit Koninkryk van Groot-Brittanje
Beroepontdekkingsreisiger, navigator en kartograaf
TitelKaptein
EggenootElizabeth Batts
KindersJames Cook, Nathaniel Cook, Elizabeth Cook, Joseph Cook, George Cook, Hugh Cook
Ouer(s)James Cook, Grace Pace
Handtekening
James Cook
James Cook

Kaptein James Cook (* 7 November 1728; † 14 Februarie 1779) was 'n Britse ontdekkingsreisiger, navigator en kartograaf.[1] Cook was die eerste mens wat 'n kaart van Newfoundland saamgestel het voordat hy reise na die Stille Oseaan onderneem het. Hy was dan ook die eerste Europeër wat die oostelike kus van Australië en die eilande van Hawaiï aangedoen het, asook die eerste ontdekkingsreisiger wat rondom Nieu-Seeland gevaar het.[2]

Cook het as tiener by die Britse handelsvloot[3] en in 1755 by die Koninklike Britse Vloot aangesluit. Hy het deelgeneem aan die Sewejarige Oorlog en het die Sint-Laurensrivier tydens die beleg van Quebec verken. Dit het generaal Wolfe in staat gestel om 'n verassingsaanval te loods en Cook onder die leierskap van die Royal Society se aandag gebring. Dit was ook dan 'n belangrike draaipunt in sy loopbaan, wat bygedra het tot sy aanstelling in 1766 as kommandeur van die Endeavour vir die eerste van drie reise na die Stille Oseaan.

Cook het baie gebiede en verskeie eilande vir die eerste keer op Europese kaarte aangebring. Cook het in Hawaii omgekom ná 'n geveg met inboorlinge daar tydens sy derde verkenningsreis van die Stille Oseaan in 1779.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Artikel oor James Cook in die 1911 weergawe van Encyclopædia Britannica
  3. volgens Collingridge (2002)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search