Janggi

Aanvanklike opstelling van 'n Janggispel
Janggispelers in 'n park in Jongmyo, Suid-Korea

Janggi (ook Changgi) is 'n Koreaanse tweespelerbordspel in dieselfde familie as Westerse skaak, Chinese chiangtsi, Indiese tsjatoeranga en Japannese shogi. Die hedendaagse vorm van janggi het in Korea ontwikkel en word daarom algemeen Koreaanse skaak genoem. Dit is 'n bordspel wat op 'n bord met 9 rye en 10 geledere gespeel word. Janggi het uit die Chinese spel chiangtsi ontwikkel. Die speelveld, stukke en aanvanklike opstelling is soortgelyk aan dié van chiangtsi behalwe dat dit die "rivier" in die middel ontbreek. Verder begin die generale in die middel van hulle paleise eerder as in die basisry.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search