Jannie Hofmeyr

Hierdie artikel handel oor die geleerde en politikus. Vir die artikel oor die Kaapse staatsman, sien Onze Jan Hofmeyr.
Jan Hendrik Hofmeyr
Jannie Hofmeyr
Jan Hendrik Hofmeyr in die 1940's

Minister van Mynwese
Ampstermyn
16 Januarie 1948 – 4 Junie 1948
Eerste minister Jan Christian Smuts
Voorafgegaan deur Sidney Frank Waterson
Opgevolg deur Eric Louw

Minister van Finansies
Ampstermyn
1933 – 1948
Eerste minister Jan Smuts
Voorafgegaan deur Nicolaas Havenga
Opgevolg deur Frederick Sturrock

Minister van Onderwys
Ampstermyn
1939 – 1948
Eerste minister Jan Smuts
Voorafgegaan deur Henry Fagan
Opgevolg deur Albert Jacobus Stals
Ampstermyn
1933 – 1938
Eerste minister Barry Hertzog
Voorafgegaan deur Daniël François Malan
Opgevolg deur Henry Fagan

Minister van Mynwese, Indiensneming en Maatskaplike Sake
Ampstermyn
1936 – 1938
Eerste minister Barry Hertzog
Voorafgegaan deur Patrick Duncan (Mynwese)
Adriaan Fourie (Indiensneming en Maatskaplike Sake)
Opgevolg deur Jan Smuts (Mynwese)
Harry Lawrence (Indiensneming)
Henry Fagan (Maatskaplike Sake)

Ampstermyn
1933 – 1936
Eerste minister Barry Hertzog
Voorafgegaan deur Daniël François Malan
Opgevolg deur Richard Stuttaford

Minister van Openbare Gesondheid
Ampstermyn
1933 – 1936
Eerste minister Barry Hertzog
Voorafgegaan deur Daniël François Malan
Opgevolg deur Richard Stuttaford

Ampstermyn
1929 – 1948

Administrateur van Transvaal
Ampstermyn
1924 – 1929

Persoonlike besonderhede
Gebore Jan Frederik Hendrik Hofmeyr
(1894-03-20)20 Maart 1894
Kaapstad, Kaapkolonie
Sterf 3 Desember 1948 (op 54)
Johannesburg, Unie van Suid-Afrika
Politieke party Suid-Afrikaanse Party (1929–1934)
Verenigde Party (1934–1948)
Alma mater SACS
Universiteit van Kaapstad
Balliol College, Oxford
Religie Christendom

Jan Frederik Hendrik (Jannie) Hofmeyr (Kaapstad, 20 Maart 1894Johannesburg, 3 Desember 1948) was ’n Suid-Afrikaanse geleerde en politikus. Hoewel hy beskou is as te verlig vir sy tyd, was die algemene opvatting dat genl. Jan Smuts hom uitgesoek het om hom op te volg as leier van die Verenigde Party.

Hofmeyr was ’n buitengewoon begaafde student en gradueer met ’n M.A. op die ouderdom van 17 jaar. Sy lewe lank het hy poste beklee wat gewoonlik vereenselwig word met ’n veel ouer persoon: hy word prinsipaal van die Suid-Afrikaanse Skool van Myne en Tegnologie in Johannesburg op 25, wat onder sy leiding in 1922 die Universiteit van die Witwatersrand geword het. Op 30 is hy aangestel as administrateur van Transvaal en op 39 was hy ’n kabinetsminister. Op ’n ongelooflike jong ouderdom het hy, met die nominale samewerking van die oud-Vrystaatse president F.W. Reitz, Het leven van Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan) in 1913 geskryf.

Toe Hofmeyr in 1919 prinsipaal van die latere Universiteit van die Witwatersrand word, het hy ’n lewenslange band gesmee, want hoewel sy wortels in die Kaap was, was die optrede van die volwasse lewe hoofsaaklik gesentreer om Transvaal. Toe hy die universiteit in 1924 verlaat, was dit om administrateur van Transvaal te word. Sy vyf jaar lange ampstermyn het hom op ’n blink loopbaan in die Unie-Volksraad voorberei. Hofmeyr was vise-kanselier van Wits van 1926 tot 1930 en kanselier van 1938 tot en met sy dood. Hy het ook inspraak in die universiteit se lot gehad as minister van onderwys van 1933 tot 1938 en weer van 1939 tot 1948.

Sedert 1933 het hy weldra in die meeste kabinetsposte waargeneem en was hoogs veelsydig sowel as bekwaam. As redenaar in die Parlement het hy geen gelyke gehad nie. Hy het die vermoë gehad om die swakhede in sy teenstander se argument uit te lig en hulle te verpletter sonder kwaadwilligheid. Hy was boonop geheel en al tweetalig en het as minister gesorg dat hy al die feite het sodat hy ’n formidabele figuur was om te probeer opponeer. Hy het ook oor ’n buitengewone geheue en ondernemingsgees beskik.

Hofmeyr se voortydige dood kan deels toegeskryf word aan die swaar werklas wat genl. Smuts aan hom toevertrou het. Smuts het weliswaar gehelp om die oorlog in Europa te wen, maar tuis het hy nie net die verkiesing verloor nie, maar ook die beste en mees waarskynlike kandidaat om sy nalatenskap te laat voortleef. Suid-Afrika het een van die helderste liberale stemme in sy politiek verloor.[1]

  1. (en) Biographies of special South Africans Geargiveer 16 Mei 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 18 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search