Jason (mitologie)

Jason bring die Goue Vlies vir Pelias, omstreeks 340–330 v.C., Louvre.

Jason (Grieks: Ἰάσων, Iásōn) was ’n karakter in die Griekse mitologie. Hy was bekend as die leier van die Argonoute en hul soektog na die Goue Vlies. Hy was die seun van Eson, die regmatige koning van Iolkos. Jason kom voor in verskeie letterkundige werke van die klassieke wêreld van Griekeland en Rome, onder andere die epiese gedig Argonoutika en die tragedie Medea.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search