Jigme Singye Wangchuck

Jigme Singye Wangchuck
འཇིགས་མེད་སེང་གེ་དབང་ཕྱུག་
4de koning van Bhoetan
Wangchuck in 2014.
Wangchuck in 2014.
Bewind 24 Julie 19729 Desember 2006
Voorganger Jigme Dorji Wangchuck
Opvolger Jigme Khesar Namgyel Wangchuck
Gade Dorji Wangmo
Tshering Pem
Tshering Yangdon
Sangay Choden
Kinders Sien teks
Koningshuis Wangchuck
Gebore 11 November 1955 (1955-11-11)
Thimphu, Bhoetan
Vader Jigme Dorji Wangchuck
Moeder Kesang Choden

Jigme Singye Wangchuck (འཇིགས་མེད་སེང་གེ་དབང་ཕྱུག,[1] gebore 11 November 1955) was van 24 Julie 1972 tot met sy abdikasie op 9 Desember 2006 die vierde koning van Bhoetan, of Druk Gyalpo ("Draakkoning"). Hy is opgevolg deur sy seun, Jigme Khesar Namgyel Wangchuck, die huidige koning.

Wangchuck was 16 toe hy sy pa as koning opvolg. Hy was toe reeds in beheer van die land se vyfjaarontwikkelingsplanne en het met sy projekte die plattelandse bevolking se inkomste en lewensomstandighede verbeter. Hy het klem gelê op sy mense se geluk en welsyn en die bruto nasionale geluk het eindelik die maatstaf van ontwikkeling geword.

Min inligting oor die sosiale en ekonomiese situasie in Bhoetan van voor 1974 is bekend. Sedertdien is padnetwerke en telefoonverbindings uitgebrei, gesondheidsdienste en elektrisiteitstoevoer is verbeter, die land het internet, satelliet-TV, rekenaars en lugdienste gekry en die nasionale inkomste is aansienlik verhoog. Hy het toerisme begin en die beskerming van die natuur verbeter.

In die 1990's het hy die grootste vlugtelingkrisis per capita ter wêreld veroorsaak deur derduisende Nepaleessprekende burgers te verban[2][3][4] om die Bhoetanese volk "suiwer" te hou.

  1. "Early life of King Jigme Singye Wangchuck". Bhoetanese departement van inligtingstegnologie. Besoek op 6 November 2008.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :0
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :1
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search