John Adams

John Adams
2de President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 17974 Maart 1801
Voorganger George Washington
Opvolger Thomas Jefferson
Geboortedatum 30 Oktober 1735
Geboorteplek Quincy, Massachusetts, V.S.A
Sterftedatum 4 Julie 1826
Sterfteplek Quincy, Massachusetts, V.S.A
Eerste Dame Abigail Adams
Politieke party Federalist
Visepresident Thomas Jefferson
Handtekening

John Adams (30 Oktober 1735 - 4 Julie 1826) was die tweede president van die Verenigde State van Amerika, 'n amp wat hy beklee het nadat hy ook werksaam was as die eerste visepresident van die V.S.A (1789-1797). Tesame met Benjamin Franklin, Thomas Jefferson, Robert R. Livingston en Roger Sherman was Adams een van die opstellers van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring. Hy was in 1785 die eerste ambassadeur van die V.S.A. in Engeland. Danksy 'n uitsonderlik goeie opvoeding was Adams 'n besonderse politieke teoretikus, en staan sy staatkundige oortuigings vandag nog sentraal tot die Amerikaanse republikeinse idee. Adams se eggenote Abigail Adams was 'n raadgewer en handlanger vir haar man en hulle briewe is merkwaardig vir die diepte waarin die politiek van die dag wedersyds bespreek word. Hulle seun John Quincy Adams was boonop nog ook die sesde President van die Verenigde State.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search