John Rawls

John Rawls
John Rawls in 1971

Geboortenaam John Bordley Rawls
Gebore (1921-02-21)21 Februarie 1921
Baltimore, Maryland
Oorlede 24 November 2002 (op 81)
Lexington, Massachusetts
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Politieke filosofie, Sosiale liberalisme, Justisie, Politiek, Sosiale kontrak-teorie
Alma mater Universiteit van Princeton
Bekend vir Justisie as regverdigheid, Oorspronklike posisie, Reflektiewe ewewig, Oorvleuelende konsensus, Openbare rede, Liberale neutraliteit, Sluier van onkunde, Telishment
Beïnvloed deur John Locke, Jean-Jacques Rousseau, Immanuel Kant, John Stuart Mill, H. L. A. Hart, Isaiah Berlin
Invloed op Jürgen Habermas, Ronald Dworkin, Thomas Nagel, Thomas Pogge, T. M. Scanlon, Joshua Cohen, Amartya Sen, Claudia Card, Christine Korsgaard, Samuel Freeman, Onora O'Neill, Susan Neiman, Carlos Santiago Nino, Paul Krugman, Richard Rorty

John Bordley Rawls (Baltimore, 21 Februarie 1921Lexington, 24 November 2002) was 'n Amerikaanse filosoof wat veral bekendheid verwerf weens sy etiese en politieke filosofie. Hy was as politieke filosoof verbonde aan die Harvard Universiteit en word vanweë sy hoofwerk A Theory of Justice en aanverwante publikasies algemeen beskou as die invloedrykste politieke filosoof van die 20ste eeu. Ten spyte daarvan dat Rawls nie as 'n regsfilosoof gereken word nie is sy invloed op die regswetenskap, hoewel indirek, tog groot. Regsfilosowe, veral Ronald Dworkin, het sy idees uitgebou en vertaal na die reg. Daardeur verwerf John Rawls 'n blywende plek in regsfilosofiese werke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search