Jupiter

Hierdie artikel handel oor die planeet Jupiter. Vir ander betekenisse van die naam, sien Jupiter (dubbelsinnig).
Jupiter   ♃
Die planeet Jupiter
Jupiter in natuurlike kleur, soos in April 2014 afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog J2000
Afelium 816,363 Gm (5,4570 AE)
Perihelium 740,595 Gm (4,9506 AE)
Halwe lengteas 778,479 Gm (5,2038 AE)
Wentelperiode
  • 11,862 jaar
  • 4 332,59 dae
  • 10 476,8 Jupitersondae[2]
Sinodiese periode 398,88 dae
Gem. omwentelingspoed 13,07 km/s
Gem. anomalie 20,020°[3]
Baanhelling
Lengteligging van stygende nodus 100,464°
Tyd van periastron 21 Januarie 2023[4]
Periheliumhoek 273,867°[3]
Natuurlike satelliete 80 (soos in 2021)[5]
Fisiese eienskappe
Gem. radius 69 911 km
10,973 R
Radius by ewenaar 69,911 km
11,209 R🜨
Radius na pole 66,854 km
10,517 R🜨
Oppervlakte 6,1469×1010 km2
120,4 van die Aarde s'n
Volume 1,4313×1015 km3
1,321 van die Aarde s'n
Massa 1,8982×1027 kg
  • 317,8 van die Aarde s'n
  • 1/1047 van die Son s'n[6]
Gem. digtheid 1 326 kg/m3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
24,79 m/s2[1]
2,528 g
Ontsnapping-
snelheid
59,5 km/s[1]
Sideriese
rotasieperiode
9,925 h[7]
(9 h 55 m 30 s)
Rotasiespoed
by ewenaar
12,6 km/s
45 300 km/h
Ashelling 3,13°[1]
Regte styging van noordpool 268,057°
(17 h 52 min 14 s)
Deklinasie 64,496°
0,343 (geometries)
0,52 (Bond)[1]
Oppervlak-temp.
   1 bar level
   0,1 bar
mingem.maks
165 K[1]
112 K[1]
Skynmagnitude -1,6 tot -2,94[1]
Hoekgrootte 29,8" — 50,1"[1]
Atmosfeer
Oppervlakdruk 20-200 kPa[8]
Samestelling 89,8±2,0% Waterstof

10,2±2,0% Helium
~0,3% Metaan
~0,026% Ammoniak
~0,003% Waterstofdeuteried
0,0006% Etaan

0,0004% Water

Jupiter is die vyfde planeet van die Son af en die grootste in die Sonnestelsel. Dit is 'n gasreus met 'n massa van meer as twee en 'n half keer dié van al die ander planete in die Sonnestelsel saam, maar effens kleiner as 'n duisendste van die Son se massa. Jupiter is die helderste natuurlike voorwerp in die Aarde se naglug naas die Maan en Venus, en dit word reeds sedert die voorgeskiedenis waargeneem. Dit is genoem na die Romeinse god Jupiter, die koning van die gode.

Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof, maar helium beslaan 'n kwart van sy massa en 'n tiende van sy volume. Dit het waarskynlik 'n rotsagtige kern van swaarder elemente,[9] maar ontbreek, nes die ander gasreuse in die Sonnestelsel, 'n goed gedefinieerde soliede oppervlak. Die voortdurende sametrekking van Jupiter se binnekant wek meer hitte op as wat dit van die Son kry. Vanweë sy vinnige rotasie is Jupiter se vorm 'n afgeplatte sferoïde: Dit het 'n effense maar merkbare uitstulping om sy ewenaar. Die buitenste atmosfeer is verdeel in 'n reeks bande in sy breedte, met onstuimigheid en storms aan die grense tussen hulle. 'n Prominente gevolg hiervan is die Groot Rooi Vlek, 'n reusestorm wat minstens sedert 1831 sigbaar is.

Jupiter word omring deur 'n dowwe planetêre ringstelsel en 'n kragtige magnetosfeer. Sy magnetiese stert is byna 800 miljoen km (5,3 AE) lank en strek amper tot by Saturnus se wentelbaan. Jupiter het 80 bekende mane en moontlik meer,[5] insluitende die vier groot mane van Galilei wat in 1610 deur Galileo Galilei ontdek is: Io, Europa, Ganumedes en Kallisto. Io en Europa is omtrent so groot soos die Aarde se Maan, Kallisto is amper so groot soos die planeet Mercurius en Ganumedes is groter.

Pioneer 10 was die eerste ruimtetuig wat Jupiter besoek het. Sy naaste afstand aan die planeet was in Desember 1973.[10] Verskeie robottuie het Jupiter sedertdien besoek, onder meer die Pioneer- en Voyager-verbyvlugsendings van 1973 tot 1979, en later die Galileo-wenteltuig in 1995.[11] In 2007 het die New Horizons die planeet besoek en sy swaartekrag gebruik om sy spoed te verhoog en sy baan aan te pas op sy vlug na Pluto.

Die laaste tuig wat Jupiter besoek het, is Juno, wat in Julie 2016 in 'n wentelbaan om die planeet gegaan het.[12][13] Toekomstige teikens in die Jupiter-stelsel wat besoek sal word, sluit moontlik in die ysbedekte vloeistofoseaan van Europa.[14]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 Williams, David R. (23 Desember 2021). "Jupiter Fact Sheet". Nasa. Besoek op 13 Oktober 2017.
  2. Seligman, Courtney. "Rotation Period and Day Length". Besoek op 13 Augustus 2009.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Simon, J. L.; Bretagnon, P.; Chapront, J.; Chapront-Touzé, M.; Francou, G.; Laskar, J. (Februarie 1994). "Numerical expressions for precession formulae and mean elements for the Moon and planets". Astronomy and Astrophysics. 282 (2): 663–683. Bibcode:1994A&A...282..663S.
  4. "HORIZONS Planet-center Batch call for January 2023 Perihelion". ssd.jpl.nasa.gov (Perihelion for Jupiter's planet-centre (599) occurs on 2023-Jan-21 at 4.9510113au during a rdot flip from negative to positive). Nasa/JPL. Besoek op 7 September 2021.
  5. 5,0 5,1 Kindy, David. "Amateur Astronomer Discovers New Moon Orbiting Jupiter". Smithsonian Magazine. Besoek op 8 Maart 2022.
  6. "Astrodynamic Constants". JPL Solar System Dynamics. 27 Februarie 2009. Besoek op 8 Augustus 2007.
  7. Seidelmann, P. K.; Abalakin, V. K.; Bursa, M.; Davies, M. E.; de Burgh, C.; Lieske, J. H.; Oberst, J.; Simon, J. L.; Standish, E. M.; Stooke, P.; Thomas, P. C. (2001). "Report of the IAU/IAG Working Group on Cartographic Coordinates and Rotational Elements of the Planets and Satellites: 2000" (in Engels). HNSKY Planetarium Program. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 2 Februarie 2007.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. (en) Anonymous (Maart 1983). "Probe Nephelometer". Galileo Messenger. NASA/JPL (6). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2009. Besoek op 12 Februarie 2007.
  9. Saumon, D.; Guillot, T. (2004). "Shock Compression of Deuterium and the Interiors of Jupiter and Saturn". The Astrophysical Journal. 609 (2): 1170–1180. arXiv:astro-ph/0403393. Bibcode:2004ApJ...609.1170S. doi:10.1086/421257. S2CID 119325899.
  10. "In Depth | Pioneer 10". NASA Solar System Exploration. Besoek op 9 Februarie 2020.
  11. "Exploration | Jupiter". NASA Solar System Exploration. Besoek op 9 Februarie 2020.
  12. Chang, Kenneth (5 Julie 2016). "NASA's Juno Spacecraft Enters Jupiter's Orbit". The New York Times. Besoek op 5 Julie 2016.
  13. Chang, Kenneth (30 Junie 2016). "All Eyes (and Ears) on Jupiter". The New York Times. Besoek op 1 Julie 2016.
  14. Chang, Kenneth (14 Junie 2021). "Mushballs and a Great Blue Spot: What Lies Beneath Jupiter's Pretty Clouds – NASA's Juno probe is beginning an extended mission that may not have been possible if it hadn't experienced engine trouble when it first arrived at the giant planet". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2021. Besoek op 16 Junie 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search