K-141 Koersk

'n Skets van die duikboot se profiel
Plek waar dit gesink het.
Die susterskip Omsk (K-186)

K-141 Koersk (Russies: Атомная подводная лодка «Курск», Atomnaja podwodnaja lodka "Koersk", "Kernaangedrewe duikboot Koersk") was ’n kernaangedrewe kruismissiel-duikboot in die Oscar-klas van die Russiese Vloot wat op 12 Augustus 2000 in die Barentssee gesink het met die verlies van 118 seemanne.

Dit is na die Slag van Koersk naby Russiese stad Koersk genoem, waar die grootste tenkgeveg in die geskiedenis tydens die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het. Dit was een van die eerste vaartuie wat ná die val van die Sowjetunie voltooi is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search