Kaapse floraryk

Kaapse floraryk*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ligging van Kaapse floraryk op 'n kaart (Suid-Afrika)
Kaapse floraryk
Kaapse floraryk
Ligging van die Kaapse floraryk in Suid-Afrika
Koördinate: 34°10′00″S 18°22′30″O / 34.16667°S 18.37500°O / -34.16667; 18.37500
Lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Tipe Natuur
Kriteria ix, x
Verwysings 1007
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2004  (28ste Sessie)
Uitbreidings 2015
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Kaapse floraryk, ook Capensis genoem, is een van die ses Floraryke op aarde. Dit omvat die uiterste, suidwestelikste punt van Afrika (Suid-Afrika) en is deur 'n woestyngordel (uit die Karoo en Namibië) van die res van Afrika geskei. Dit is die kleinste van die floraryke, maar in verhouding met die oppervlakte is dit die mees soortryke floraryk. Dit trek elke jaar ontelbare botanici en plantevriende uit die hele wêreld aan. Die Kaapse floraryk is in 2004 as een van Unesco se wêrelderfenisgebiede gelys en in 2015 is die inskripsie uitgebrei.

Hoofsaaklik is vir die Kaapflora die buitengewoonlike endemierykdom te benadruk, wat heet, dat daar hier baie plante van 'n geslag of familie aanwesig is, wat alleen in die begrenste gebied aangetref word. Verder is daar ooreenkomste met die floraryke van Antarktika en Australië, Antarctis en Australis, vasstelbaar (hierdie gebiede wat vandag ver van mekaar af lê, het aan die einde van die Jura saam die kontinent Gondwanaland gevorm).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search