Kaapstad-hawe

Kaapstad-hawe
’n Lugfoto van die hoofdeel van die Kaapstad-hawe met Leeukop en Vlaeberg op die agtergrond.
’n Lugfoto van die hoofdeel van die Kaapstad-hawe met Leeukop en Vlaeberg op die agtergrond.
Land Suid-Afrika
Ligging Tafelbaai
Besonderhede
Soort hawe Kunsmatig
Gebou Vanaf 1860
Bestuur deur Transnet
Statistiek
Houers p.j. 719 825 TEU's (2010)
Webtuiste Transnet

Die Kaapstad-hawe is ’n hawe in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is in Tafelbaai geleë en was voorheen bekend as die Tafelbaaise Hawe.

Vanweë sy posisie aan een van die wêreld se besigste handelsroetes is dit een van die bedrywigste hawens in die land; dit hanteer die grootste hoeveelheid vars vrugte en is naas die Durban-hawe die grootste houerhawe. Dit het ook groot herstel- en onderhoudsgeriewe wat deur talle groot hengelvlote en ’n deel van Wes-Afrika se olienywerheid gebruik word. Danksy talle toeriste-attraksies in die hawe en omgewing doen baie passasierskepe ook daar aan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search