Kabilies

Kabilies
Taqbaylit
Gepraat in: Vlag van Algerië Algerië
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van België België
Vlag van Kanada Kanada 
Gebied: Kabilië
Totale sprekers: 5,6 miljoen[1]
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Berber
  Noord-Berber
   Kabilies 
Skrifstelsel: Tifinagh, Arabiese alfabet, Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: kab
ISO 639-3: kap 
Verspreiding van Kabilies

Kabilies (Taqbaylit, [ˈθɐqβæjlɪθ] , Tamaziɣt Taqbaylit of Tazwawt) is 'n Berbertaal wat gepraat word in Kabilië (Algerië), asook in Frankryk en ander lande van Europa. Dit het moontlik meer as vyf miljoen sprekers net in Kabilië[2] en meer as sewe miljoen sprekers in die wêreld.

In Algerië is dit die grootste Berbertaal, gevolg deur Chaoui, wat nouverwant is aan Kabilies. Dis die tweede grootste Berbertaal, naas Chleuh, wat in die suide van Marokko gepraat word.

Op 10 April 2002 het 'n wysiging van die Algeriese grondwet (deur die toevoeging van artikel 3b) die "tamazight" (wat die algemene naam van die Berbertale is) erken as nasionale taal van dié land.[3]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kabyle". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 30 Augustus 2020.
  2. (fr) - « Langue et littérature berbères » Geargiveer 27 Julie 2018 op Wayback Machine, artikel van Salem Chaker, professor Berbertalen aan die Inalco, en direkteur van die "Centre de Recherche Berbère".
  3. Wet van die 27 Moharram 1423 (10 April 2002)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search