Kaja Kallas

Kaja Kallas (2021)

Kaja Kallas (* 18 Junie 1977 in Tallinn) is 'n Estlandse politikus. Sy behoort aan die liberale Estlandse Hervormingsparty (Eesti Reformierakond), waarvan sy sedert 2018 voorsitter is. Van 2014 tot 2018 was sy 'n lid van die Europese Parlement in die ALDE-groep. Op 26 Januarie 2021 het sy die eerste minister van Estland geword. Sedert die vergadering van die Europese Raad van 27 Junie 2024 in Brussel is sy die EU se Hoë Verteenwoordiger van die Unie vir Buitelandse Sake en Veiligheidsbeleid. [1]Sy is daardeur ook visepresident van die Europese Kommissie.

  1. "Kaja Kallas: the Russia-defying Estonian PM poised to lead EU foreign policy". The Guardian.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search