Kanadese Engels Canadian English | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Noord-Amerika | |
Totale sprekers: | 31 miljoen | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Anglo-Fries Anglies Engels Kanadese Engels | |
Skrifstelsel: | Latyns (Engelse alfabet) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | en
| |
ISO 639-2: | eng
| |
ISO 639-3: | eng
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kanadese Engels (Engels: Canadian English) is die variant van Engels wat volgens die sensus van 2011 deur sowat 24,6 miljoen Kanadese (of 74,4 persent van die totale bevolking) as eerste of moedertaal gepraat word.[1] 'n Verdere vier miljoen kan Engels as tweede taal vlot verstaan, praat, lees en skryf.
Buite die Franssprekende provinsie Quebec praat 82 persent van die bevolking Engels as moedertaal, maar in Quebec daal dié persentasie tot 7,7 persent.
Kanadese Engels bevat elemente van Britse en Amerikaanse Engels in sy woordeskat, maar het ook sy kenmerke ontwikkel. Engels as omgangstaal in die provinsies Ontario, Quebec, Brits-Columbië en Alberta toon sterk invloede van Frans. So word baie Engelse woorde deur hul Franse eweknieë vervang.
In baie streke van Kanada toon fonetiek, fonologie, morfologie, sinsbou en woordeskat groot ooreenkomste met dié van westelike en sentrale (Midland-) Amerikaanse Engels. Kanadese Engels in die Groot Meregebied is nou verwant met die Amerikaanse omgangstaal van die Verenigde State se Bo-Midweste, Groot Meregebied en/of die Yooper-dialek (veral dié van Michigan) aangesien dié gebiede nou kulturele en ekonomiese bande met Ontario handhaaf, terwyl die fonologiese stelsel van westelike Kanadese Engels min of meer ooreenkom met dié van die VSA se Pasifiese Noordweste en sy fonetiek baie ooreenkomste toon.
Dikwels word Kanadese en Amerikaanse Engels saam gekategoriseer as Noord-Amerikaanse Engels, ook omdat die meeste buitestanders uit ander Engelssprekende lande (en selfs sommige sprekers van Kanadese en Amerikaanse Engels) die twee variante in hul gesproke vorm nie duidelik van mekaar kan onderskei nie. Kanadese spelwyses is sowel aan Britse asook aan Amerikaanse reëls ontleen.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search